Finale verslag van Swakop helikopter-neerstort op pad

Die tragiese neerstort van ‘n R44-helikopter op 17 Julie verlede jaar in Swakopmund, waarin vlieënier Jacques Jacobs en vlugingenieur Dirk von Weidts dood is, was na bewering weens vervalste dokumente en verskeie ander oortredings van die Wet op Burgerlugvaart. Antje Nauhaus, ‘n werknemer van Namibia Base Aviation, het in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat met die saak verband hou. Sy is op borgtog vrygelaat. Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident-ondersoeke het ‘n voorlopige verslag uitgereik wat aandui dat die helikopter nie ‘n geldige lugwaardigheid-sertifikaat vir Suid-Afrika of Namibië gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hafeni Mweshixwa, ’n ondersoeker by die direktoraat, oor wanneer die finale verslag vrygestel sal word en die jongste oor die ondersoek.