Fin Baxter sluit aan by Engeland vir All Blacks-wedstryd
Die loskopstut, Fin Baxter, is die eerste keer in Engeland se opdrafspan wanneer hulle Saterdag teen Nieu-Seeland uitdraf op Eden Park in Auckland. Die 22-jarige Baxter het verlede week sy debuut van die bank gemaak in die eerste toets in Dunedin, wat hulle naelskraaps 16-15 verloor het. Hy vervang die beseerde Joe Marler. Bevan Rodd sal Baxter op die bank ondersteun. Engeland moet wen om die reeks gelykop te maak op ʼn veld waar die All Blacks 30 jaar laas verloor het.