Fima-konsultasies haal Khomas

Die Fima-wetsontwerp is steeds in die nuus. Die omstrede dokument wil beheer hoeveel aftreefondse voor aftree-ouderdom onttrek kan word. Daar is tans konsultasies oor die wetgewing, wat reeds verlede jaar voltooi moes wees. Die finansministerie hou hierdie Vrydag, 12 April en Saterdag, 13 April openbare konsultasies oor die aangeleentheid in die Khomas-streek. Wilson Shikoto, die ministerie se woordvoerder, het meer.