Filmmakers kry nuwe raad

Die filmmakersvereniging van Namibië, FAN, het die aanstelling van sy nuwe raad van direkteure aangekondig. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die vereniging se voortgesette missie om die Namibiese filmbedryf te ondersteun en te bevorder. Die nuwe direksie, ‘n diverse en dinamiese groep professionele persone, bring ‘n magdom ervaring en ‘n gedeelde passie om die kreatiewe en ekonomiese potensiaal van die rolprentsektor te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tjuna Daringo, die vereniging se direkteur van kommunikasie.