Fikile: Wees geduldig oor kabinetskommeling

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die regerende party moet nog moontlike veranderings aan die kabinet met President Cyril Ramaphosa bespreek. Suid-Afrikaners wag steeds dat die president sy nuwe kabinet bekend maak, na sy staatsrede van enkele weke gelede. Mbalula sê die land moet geduldig wees, want Ramaphosa sal sy nuwe kabinet binnekort aankondig.