Fikile vaar uit teenoor Malema

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het uitgevaar teen die bewerings van die EFF-leier, Julius Malema, dat die party se stilstand Maandag vreedsaam was. Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê die stilstand se doelwit was om die land se ekonomie te sluit, maar die EFF kon nie daarin slaag om genoeg steun te werf om dit uit te voer nie. Hy het die inhegtenisneming van bykans 530 mense weens pogings tot anargie bevestig.