FIFA stel besluit uit oor Israelse span by Spele

Sokker: FIFA het sy besluit oor ‘n verbod op die deelname van die Iraelse span aan die Olimpiese Spele in Parys uitgestel, wat beteken die span kan wel aan die Olimpiese sokkertoernooi deelneem. Dit volg op agt voorstelle deur die Palestynse Vereniging, wat oortredings voorhou van FIFA se regulasies. Die beheerliggaam het op X aangekondig regsbeoordeling van die voorstelle sal nou teen 31 Augustus hersien word. Die uitstel is toegelaat om beide partye nog tyd te gee om hulle voorstelle voor te lê. Die voorstelle is gemaak te midde van die konflik tussen Israel en Hamas in Gaza.