Fifa sê kwotasies vir uitsaai van vroue-wêreldtoernooi moet verbeter
Fifa se president, Gianni Infantino, het gewaarsku dat daar moontlik geen uitsending van die komende Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Europa sal wees nie tensy uitsaaiers daar verbeter op hul “onaanvaarbare” aanbiedinge vir die regte. Hy het uitgevaar teen veral openbare uitsaaiers.