Fifa ondersoek Safa-klag na Bafana verloor

Fifa het bevestig hy ondersoek die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se beswaar ná Bafana Bafana teen Ghana verloor het in ‘n kwalifiserende wedstryd vir die 2022-Wêreldbeker. Ghana het met 1-0 gewen na ‘n omstrede strafskop in die eerste helfte van die wedstryd Sondag in Cape Coast. Tebogo Mothlante van Safa sê Suid-Afrika is beroof weens aanvegbare besluite van die Senegalese ampsdraers. Bafana Bafana het ‘n gelykop uitslag nodig gehad om deur te dring na die derde en finale ronde om vir Afrika te kwalifiseer.