Fifa kondig Klub-Wêreldbeker vir ’25 aan

Die hoof van die wêreldbeheerliggaam, Gianni Infantino, het aangekondig Fifa se opgegradeerde Klub-Wêreldbeker gaan van 15 Junie tot 13 Julie 2025 in Amerika beslis word. Twee-en-dertig spanne gaan deelneem en elke land sal net toegelaat word om twee spanne in te skryf. Engeland se twee plekke sal gaan na die onlangse Kampioeneliga-wenners Chelsea en Manchester City. Dit beteken Liverpool en Manchester United is uitgesluit. Infantino het ook aangekondig ‘n nuwe Interkontinentale Beker-toernooi sal jaarliks van volgende jaar af gespeel word.