Fifa hersien oordragreëls na EU-uitspraak

Sokker: Fifa gaan belanghebbers raadpleeg om sy oordragstelsel te hersien na die uitspraak van die Strafhof van die Europese Unie wat beslis dele van die regulasies is onwettig. Dit sluit in beëindiging van kontrakte sonder billike redes. Die hof het die bestaande reëls gekritiseer wat spelers se vryheid van beweging aan bande lê. Die hoof regs- en nakomingsbeampte, Emilio Garcia Silvero, sê Fifa sal wêreldwyd raadpleeg oor die wysiging van die raamwerk.