Fifa gedagvaar oor sy kalender

Europese lande se nasionale ligas en unies, insluitend die Premierliga en die Professionele Sokkerspelersvereniging, dagvaar die wêreldbeheerliggaam, Fifa. Hy word beskuldig dat hy versuim het om oor die onlangse kalenderveranderinge te onderhandel, soos die instelling van ‘n Wêreldbekerkompetisie vir klubs bestaande uit 32 spanne. Die ligas sê Fifa skaad die finansiële belange van nasionale ligas en die welstand van spelers. Fifa sê die kalender is slegs ‘n instrument om te verseker dat internasionale sokker kan voortbestaan en floreer saam met plaaslike en kontinentale klubsokker.