Fietslegende Cavendish ry vandag laaste keer

Mark Cavendish van Brittanje, die suksesvolste snelfietsryer in die geskiedenis van die sport, gaan aftree nadat hy vandag deelgeneem het aan die Tour de France Criterium-byeenkoms in Singapoer. Die 39-jarige van die Eiland Man, wat in Mei gesê het dié seisoen sal sy laaste wees, het in Julie die rekord by die Tour de France vir skofoorwinnings ingepalm met sy 35ste sege. Cavendish het die padwedren-wêreldrekord in 2011 gewen en het twee keer die groentrui gedra, wat by die Tour toegeken word aan die deelnemer met die meeste punte.