Fico stabiel, maar steeds baie ernstig

Die Slowaakse premier Robert Fico se toestand het gestabiliseer, maar is steeds baie ernstig, volgens owerhede. Die aankondiging kom ‘n dag nadat Fico verskeie kere geskiet is in ‘n aanval wat die regering in Bratislava as ‘n politieke sluipmoordpoging bestempel het. Die 59-jarige Fico is oornag vir vyf ure lank geopereer deur twee mediese spanne. Hy sal in intensiewe sorg bly. Fico is vyf keer geskiet en volgens wat berig word is ‘n 79-jarige verdagte op die toneel in hegtenis geneem.