FIC sê taakmag is tot dusver tevrede met gryslys vordering
Die Finansiële Aksie-taakmag sê Namibië het goeie vordering gemaak in die aanbevelings om van die gryslys verwyder te word. Die regering het nege van die 13 bepalings begin aanspreek en het vrywilliglik aan die taakmag gerapporteer. Die direkteur van die Finansiële Intelligensie-sentrum, Bryan Eiseb sê nog moet gedoen word, veral in verband met komplekse finansiële misdaad en, dat verpligte rapportering nou begin.