FIC moet op eie bene staan, gaan oor die gryslys

Die Finansiële Intelligensie-sentrum sal volgens berigte binnekort onafhanklik van die Bank van Namibië begin funskioneer, na die wet op Finansiële Intelligensie aangepas is. Die sentrum dien as wetstoepassingsagentskap om te verseker dat die land se finansiële stelsel stabiel is. Kosmos 94.1 Nuus het dr. Omu Kakujaha-Matundu, van Unam se departement van ekonomie, gevra of dit ‘n stap is vir Namibië om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys verwyder te word. Namibië is in Februarie op die gryslys geplaas weens kommer oor sy doeltreffendheid in die bekamping van geldwassery, terreurfinansiering en verspreidingsfinansiering.