FIC binnekort onafhanklik

Plaaslike berigte lui dat die Finansiële Intelligensie-sentrum binnekort ‘n onafhanklike organisasie sal word na aanpassings gemaak is aan die wet op Finansiële Intelligensie. Die sentrum is tot op hede onder die Bank van Namibië wat sy mandaat steeds sal ondersteun. Die sentrum dien as wetstoepassingsagentskap om te verseker dat die finansiële stelsel in die land stabiel is. Geldwassery en terreurbefondsing word ook deur die sentrum aangespreek.