Ferrari gretig om dienste van ontwerper Adrian Newey te bekom

Motorsport: Die Miami Grand Prix vind dié naweek plaas te midde van baie gissings in Formule Een-geledere oor die toekoms van Red Bull se tegniese hoof, Adrian Newey. Verskeie spanne is gretig om sy dienste te bekom wanneer hy vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees, ná 19 baie suksesvolle jare by Red Bull. Die Ferrari-jaer Charles Leclerc sê dit sal báie opwindend wees as die legendariese ontwerper hom by hulle aansluit.