Ferguson verlaat Man U

Die voormalige bestuurder van Manchester United, Alex Ferguson, sal sy rol by die Engelse reuse aan die einde van die seisoen ontruim. Hy was sedert sy uittrede in 2013 die klub se wêreldwye ambassadeur en direkteur, nadat hy die span tot 13 titels in die Premierliga en ander toekennings gevoer het. Die 80-jarige Ferguson is na berig word multi-miljoen-pond betaal in sy nuwe rol maar mede-eienaar, Jim Ratcliffe, probeer kostes besnoei nadat hy reeds 250 personeellede afgelê het. United het verlede maand ʼn netto verlies van 2,6 miljard Namibiese dollar bekendgemaak.