Fergie sê dankie vir ondersteuning

Prins Andrew se gewese vrou, Sarah Ferguson, het mense bedank vir hulle steun na die onthulling dat sy velkanker het. Die 64-jarige is gediagnoseer slegs ‘n klompie maande na die aankondiging dat sy borskanker het, wat tot ‘n mastektomie gelei het. Ferguson sê sy neem tans tyd af vir haarself terwyl sy verdere ondersoeke ondergaan om te verseker die kanker is in ‘n vroeë stadium. Sy deel steeds ‘n herehuis naby Windsor-kasteel met Andrew, van wie sy in 1996 geskei is. Hy het sy koninklike pligte laat vaar na ‘n seksskandaal.