Felix sluit by Chelsea aan
Chelsea het bevestig die voorspeler van Portugal Joao Felix gaan permanente oorskuif vanaf Atletico Madrid, kort nadat die middelveldspeler van Engeland Conor Gallagher ‘n skuif in die teenoorgestelde rigting afgehandel het. Felix se kontrak is vir sewe jaar by Stamford Bridge, met sy terugkeer na die klub waar hy in die 2022/23-seisoen op ‘n leenkontrak 20 keer gespeel het. Geen oordragfooi is vir die voormalige ster van Benfica bekendgemaak nie. Hy het twee keer in Euro 2024 vir Portugal gespeel. Die Britse pers het voorheen berig Chelsea het ingestem om Atletico 913 milljoen Namibiese dollar te betaal.