Feestyd-padsterftes in SA oorskry 700

In die eerste drie weke van die feestyd is 719 sterftes op Suid-Afrika se paaie aangeteken, met die hoogste getal in Gauteng. Die vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, het statistieke vir die medium termyn uitgereik en dit toon ʼn afname van 4,3-persent in padsterftes vergeleke met 751 vir die dieselfde tydperk verlede jaar. Sy is veral besorg oor oorlaaide bakkies en roekelose bestuur wat bydra tot groot ongelukke. Chikunga doen ʼn beoep op die samewerking van die publiek vir ʼn veiliger feestyd.