Feestyd is amper hier, motorongelukke ook

Die feesseisoen is op hande en vele mense gaan op die paaie wees om die vakansie saam met geliefdes te vier. Die Motorvoertuigongelukkefonds gaan Maandag sy feesseisoen padveiligheidsveldtog fondsinsameling bekendstel. Die veldtog is daarop gemik om ongelukke, beserings en sterftes te verminder deur doelgerigte optrede teen padoortredings soos spoed, drink en bestuur, oorlaai en ongeskikte voertuie, wat die hoofoorsake van noodlottige padongelukke in Namibië is. Kosmos 94.1 Nuus het met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van nooddienste en ongelukke- en beseringsvoorkoming, gepraat.