Federale Reserwebank hou rentekoers onveranderd, dollar styg effe

Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy rentekoers onveranderd gehou op tussen 5 en 5,25 persent. Dit is die eerste keer in tien siklusse waar rentekoerse elke keer verhoog is. Die voorsitter van die bank Jerome Powell sê sake lyk bestendig alhoewel die impak van die verhogings nog nie heeltemal gewerk het nie.

Die Amerikaanse dollar het met net minder as 0,2 persent versterk met die aankondiging en die Suid-Afrikaanse rand verhandel tans rondom 18,40 teenoor die geldeenheid.