Februarie brandstofprys eers volgende week bekend

Die Februarie brandstofprys is nog nie bekend nie. Die ministerie van myne en energie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die komitee het vergader en ‘n besluit is gemaak maar, die verslag was nog nie teen vyf-uur Vrydagmiddag gereed nie. Dit sal na verwagting Maandag aangekondig word met die nuwe prys wat om middernag Dinsdagnag in werking tree. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het vroeër sy voorspelling gemaak.