Fassi fokus om Haaie tot ‘n oorwinning te lei

Die Springbok-heelagter Aphelele Fassi sê hy fokus nou net daarop om die Haaie Saterdag op Kingspark te help om Munster ore aan te sit in hulle vyfde Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd van die seisoen. Hy is een van drie talentvolle heelagters in Bok-afrigter Rassie Erasmus se groep van 35 vir volgende maand se oorsese toer, saam met Damian Willemse wat terugkeer na ‘n besering en die veteraan Willie le Roux. Fassi sê hy wil die Haaie op ‘n hoë noot groet voor hy Sondag by die Bokgroep aansluit: