Fase ses-beurtkrag tot verdere kennisgewing…

Eskom sê hy moes noodgedwonge fase ses-beurtkrag tot verdere kennisgewing in werking te stel weens die onklaarraking van bykomende opwekkingseenhede, en vertragings met die herstel van verskeie ander eenhede. Dit volg na verskeie onlangse wysigings aan die oorspronklike naweekskedule en die vooruitsigte vir die komende dae. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is ‘n opwekkingseenheid elk by Majuba, Medupi en Tutuka kragstasies uit diens geneem weens onklaarrakings: