Fase 3-beurtkrag geld vir môre en Donderdag

Eskom het aangekondig fase drie-beurtkrag sal tot môre-oggend van krag wees. Dit sal tot Donderdag voortduur en laer fases sal vir die res van die week geld. Volgens die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sal fase 4 môre en Donderdag tussen vier-uur die middag en middernag toegepas word.