Fase 1 van Behuisings-inligtingstelsel skop af

Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie is geskeduleer om saam met die Namibië Statistiek-agentskap, Fase 1 van die Namibië Behuisings-inligtingstelsel te begin. Dit sal van 15 April tot 15 Mei by meer as 30 plaaslike owerhede en een streekraad ingestel word. Die stelsel is ‘n Nasionale Behuisingsbeleid-instrument wat daarop gemik is om alle behuisingsverwante inligting en statistieke in die land te sentraliseer. Die aanlynstelsel sal statistieke huisves oor die status van behuisingsbehoeftes of waglyste, behuisingsvoorraad, grondvoorraad en informele nedersetting-opgradering regoor die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Iipumbu Sackaria, die woordvoerder van die Statistiek-agentskap.