Farmers Meat draai skaap-uitvoere op sy kop
Die Vleisraad van Namibië sê skaap-uitvoere op die hoef het met 28,17 persent afgeneem op ‘n maandelikse basis van net meer as 51 000 diere wat in Augustus uitgevoer is tot net minder as 37 000 in September. Vanaf die begin van die jaar het plaaslike bemarking met amper 10 persent teenoor die afgelope vyf-jaar se gemiddeld gegroei. Verslagting by uitvoer-abattoirs vir dieselfde periode 123,3 persent hoër as die vyf-jaar gemiddeld, hoofsaaklik as gevolg van die hervatting van bedrywighede by Farmers Meat deur Hartlief op Mariental.