FAO: Klimaatsverandering vererger waterskaarste

Die direkteur van die Land- en Water-afdeling van die Voedsel- en Landbou-organisasie, Li Lifeng, sê klimaatsverandering en wêreldwye bevolkingsgroei vererger die waterskaarste. Hy sê klimaatsverandering het onvoorspelbare reënvalpatrone, droogtes en vloede tot gevolg gehad wat beplanning om in die toenemende watervraag te voorsien, bemoeilik. Lifeng sê waterskaarste beteken minder water vir landbouproduksie, wat voedselsekerheid en voeding bedreig. Sy sentimente is geopper aan die begin van die VN se 2023 Waterkonferensie vandag in New York.