Fanie de Villers gesels oor afsterwe van Frank Duckworth… ja, dis daardie een
Frank Duckworth, een helfte van die span wat die Duckworth-Lewis-metode begin het vir die berekening van teikentellings in krieketwedstryde met beperkte boulbeurte wat deur slegte weer verkort is, is op die ouderdom van 84 oorlede. Saam met sy mede-statistikus Tony Lewis, het Duckworth die formule uitgedink wat amptelik in 1999 deur die Internasionale Krieketraad aanvaar is en dit is steeds die manier waarop geraakte wedstryde beslis word. Oud-Protea Fanie de Villiers gesels met Kosmos 94.1 Nuus hieroor.