Families vies vir Zuma na besoek aan grafte

Die families van die afgestorwe ANC-veterane oud-minister Collins Chabane en uMkhonto we Sizwe-bevelvoerder Peter Malada het pogings deur oudpresident Jacob Zuma se nuwe party gekritiseer, om die oorlede helde se grafte in Limpopo te besoek. As deel van uMkhonto weSizwe se verkiesingsveldtog, het Zuma se program die naweek besoeke aan die grafte van die twee veterane ingesluit. Die Collins Chabane-stigting het Zuma en sy MK-party gekritiseer omdat hulle grafte gebruik om stemme te werf, en gebroke loopbane te laat herleef. Die Peter Dambuza-stigting het die MK-party se optrede as opportunisties bestempel.