Families eis N$15m van Shikongo na ongeluk

Plaaslike media berig dat die familie van Stephanus Lukas en Frans Ndengu wil 15 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding van polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo eis na die noodlottige ongeluk op 30 Desember 2022. Shikongo het Woensdag gesê die saak is na ‘n tradisionele hof verwys maar, volgens die Engelse dagblad, The Namibian, weet nie die Ondonga, nog nie Oukwanyama howe daarvan nie. Lukas se vader, Toivo, het aan die dagblad gesê hulle dra ook geen kennis daarvan nie maar, stel in elk geval nie daarin belang nie omdat hulle skadevergoeding eis. Drie mense is in die ongeluk dood en tot op hede, duur die ondersoek blykbaar voort met geen klagtes wat teen Shikongo gebring is nie.