Faf sien uit na kragmeting met Dupont

Rugby: Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sê dis ‘n groot oomblik om in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi teen die gasheerland, Frankryk, te speel.  Frankryk se kaptein, Antoine Dupont, keer terug vir Sondagaand se wedstryd nadat hy in die groepswedstryd teen Namibië beseer is. De Klerk sê Dupont is ‘n briljante speler en gee sy span selfvertroue, maar hulle berei voor vir ‘n kragmeting met die span, en nie met ‘n groep individue nie.