Fact Check gesels oor die IPC-brief, propaganda in verkiesingsjaar

Kosmos 94.1 Nuus het op 4 Julie, toe die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron geskryf het oor die IPC, die brief aangestuur aan Namibia Fact Check. Die brief is vanoggend bevestig as vals, nes die IPC en die Britse regering, deur die Britse Hoë Kommissaris in Namibië, dit bestempel het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofnavorser van Namibia Fact Check, Frederico Links gesels oor die voorkoms van fopnuus in ’n verskiesingsjaar.