Facebook-verkragter terug in SA tronk

Die minister van justisie, Ronald Lamola, sê die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, is in die Kgosi Mampuru-gevangenis opgeneem. Sy medepligtige, dokter Nandipha Magudumana sal later vandag in ʼn hof in Bloemfontein verskyn. Die paartjie wat verlede week in Tanzanië in hegtenis geneem is, het vanoggend in die vroeë oggendure onder swaar polisiebewaking op die Lanseria Internasionale Lughawe aangekom. Bester het verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein ontsnap.