F1 vra Red Bull om Horner-ondersoek vinnig af te handel

Motorsport: Formule Een het Red Bull versoek om die ondersoek na die spanhoof, Christian Horner, so gou moontlik af te handel. Horner word ondersoek nadat ‘n kollega hom beskuldig het van onvanpaste gedrag. Die 50-jarige het die bewerings ten sterkste ontken. F1 sê hy hoop die saak sal so gou moontlik uitgeklaar word, deur middel van ’n regverdige en deeglike proses. Die voorseisoen-toetse begin Woensdag, vóór die eerste wedren van die jaar op 2 Maart in Bahrein.