F1: Verstappen vat Kanada

Max Verstappen van die Red Bull-span is weer terug op die oorwinningspad na hy ‘n aksiebelaaide Kanadese Grand Prix ingepalm het. Hy het reën, verskeie veiligheidsmotor-periodes en herhaalde wegspringe oorkom om stof in die oë van Lando Norris van McLaren en George Russel van Mercedes te skop. Dit is Verstappen se eerste sege in nege wedrenne die seisoen en hy het sy kampioenskapsvoorsprong teen Charles Leclerc tot 56 punte vergroot. Hy sê om so ‘n uitdagende wedren te wen is baie bevredigend: