F1: Sainz vat Singapoer
Carlos Sainz van Ferrari het die Singapoer Grand Prix gewen. Dit is die tweede oorwinning in sy Formule Een-loopbaan en hy beëindig daarmee ook Max Verstappen en Red Bull se reeks oorwinnings. Die Spanjaard wat in die eerste plek weggespring het, het die wedren in net minder as ‘n minuut voor Lando Norris van McLaren en Lewis Hamilton van Mercedes voltooi. George Russell, wat derde sou eindig vir Mercedes, het in die laaste ronde uitgeval. Charles Leclerc van Ferrari is vierde en Verstappen vyfde. Sainz sê die oorwinning is vir hom spesiaal, en hy het hard daarvoor baklei: