F1 bevestig Grand Prix is aan in Abu Dhabi

Formule Een verwerp bespiegeling dat die Grand Prix in Abu Dhabi later die maand gekanselleer kan word weens die konflik in die Midde-Ooste. Die gerugte het ontstaan nadat die Britse ministerie van Buitelandse Sake burgers wat die Verenigde Arabiese Emirate besoek, gewaarsku het om op hulle hoede te wees weens die toenemende bedreiging van terroriste-aanvalle. Daar word berig die nuwe riglyn hou klaarblyklik nie verband met die oorlog in Gaza nie terwyl dieselfde riglyn vir Wes-Europa en Bahrein uitgereik is. Die wedren is die laaste een van die seisoen.