Everton appelleer suksesvol

Everton se 10 punte wat afgetrek is omdat hy die Premierliga se winsgewendheid- en volhoubaarheidsreëls oortree het, is ná hulle appèl tot ses verminder. Die Engelse klub is in November verlede jaar gestraf nadat bevind is hulle het toegelate verliese oorskry met die assessering van die tydperk tot en met die 2021-2022-seisoen. Na die verlaging het Everton van die 17de tot 15de plek op die Premierliga-punteleer opgeskuif. Die klub kan egter nog punte verloor nadat hy verlede maand saam met Nottingham Forest aangekla is van beweerde oortredings met hulle rekeninge vir 2022/2023.