Europese rolprent-bederf vir Windhoekers

Die afvaardiging van die Europese Unie na Namibië, in samewerking met sy lidlande en die plaaslike rolprentbedryf, het die 2024 Europese Unie-rolprentfees by die Franco Namibië-kultuursentrum in Windhoek van stapel gestuur. Vanjaar se fees, met die tema die “Jaar van Vaardighede,” sal oor ‘n tydperk van twee maande plaasvind. Rolprente word elke Woensdagaand vanaf 18 September tot 13 November by Ster Kinekor, Maerua Mall, vertoon. Toegang is gratis. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Twaku Kayofa, die Europese Unie in Namibië se woordvoerder…