Europese lande ervaar warmste somer ooit
ʼn Nuwe verslag deur die Wêreld-weerkunde-vereniging en die Europese Unie se Copernicus-klimaatsverandering-diens toon Europa is nou die vasteland wat die vinnigste verwarm. Europa het verlede jaar die warmste somer op rekord beleef, met temperature wat 2,3 grade Celsius bo die gemiddeld was. Lande soos Frankryk, Duitsland, Italië, Portugal, Spanje en die Verenigde Koninkryk het hulle warmste somer nóg ondervind. Die uitwerking van klimaatsverandering het die droogtetoestande vererger en bygedra tot ʼn toename in veldbrande en gletsers wat teen ‘n ongekende koers smelt.