Europese Kommissie se groenwaterstof-teikens kry kritiek
Die Europese Hof van Ouditeure sê die Europese Kommissie is ver daarvandaan om sy mikpunt te haal om groenwaterstof-brandstof te vervaardig en in te voer. Die kommissie het teikens daargestel om teen 2030 tot tien-miljoen-ton hernubare waterstof te lewer. Hulle beplan ook om teen 2030 minstens 40-gigawatt elektroliseerders aan te bring. Die hof se woordvoerder, Stef Blok, sê die teikens van die kommissie is gegrond op politieke wil en nie op robuuste ontledings nie.