Europeërs sê Musk moet aansluit by rommel-handves

Die Europese Ruimte-agentskap is in gesprek met SpaceX oor die moontlikheid dat Elon Musk se ruimte-onderneming aansluit by ‘n internasionale handves wat ontwerp is om toenemende rommel in die ruimte te verminder. Die 22-nasie-agentskap staan aan die spits van een van verskeie pogings om die massas ruimterommel wat om die planeet draai, te verminder.