Europa stuur nog hulp aan Gaza

Die Europese Kommissie sê Gaza kan nié ‘n skuilplek vir terroriste wees nie en kan daarom nie deur Hamas beheer word nie. Die Europese Unie het tot dusver reeds agt vlugte met 320 ton noodlenigingsvoorraad na die Rafah-grenspos in Gaza gestuur. 1 400 mense is in Israel dood en meer as 200 is gyselaar geneem sedert aanvalle ‘n maand gelede uitgebreek het. Die president van die kommissie, Ursula von der Leyen, sê nóg 491 miljoen Namibiese dollar se humanitêre hulp gaan aan Gaza verleen word.