Europa se boere is keelvol, vaar die strate in

Europese boere het strate versper, motorbande aan die brand gesteek en eiers gegooi in Brussel toe leiers van die Europese Unie in die Belgiese hoofstad vergader het. Die betogings is die jongste in ‘n week van verset in die groepering teen wat die boere beskou as duur regulasies en goedkoper invoere. Trekkers is ook gebruik om kruisings in Frankryk te versper. Die EU het vroeër die week ‘n paar tydelike maatreëls aangekondig om die spanning te verlig wat die afgelope maand in Europa opgebou het.