Europa is die een wat besoedel

Die organisasie sonder winsbejag, Beyond Fossil Fuel, sê Europa se toenemende gebruik van fossielgas versnel klimaatsverandering. Volgens ‘n ontleding wat die organisasie gedoen het, het slegs vier van Europa se gasgedrewe kragstasies ‘n plan vir uitbedryfstelling en nuwe projekte gaan die vasteland se gasopwekkingsvermoë met 27-persent verhoog. Italië, Brittanje en Duitsland het verlede jaar ingestem om hulle kragsektore teen 2035 ten volle of byna heeltemal vry van koolstofuitlatings te maak.