Euro 2024: Spanje is eerste finalis

Spanje kom Sondag óf teen Engeland óf Nederland te staan in die Europese Kampioenskap se eindstryd in Duitsland. Spanje het ʼn agterstand ingehaal met doelskoppe van die 16-jarige Lamine Yamal en Dani Olmo om Frankryk in München met twee-een te verslaan. Yamal is die jongste speler ooit wat punte aanteken by ʼn Europese Kampioenskap. Spanje was die beste span by hierdie Euro’s en het al ses hul wedstryde gewen. Hulle het ook die toernooi-rekord verbeter met hul 13 doele.